top of page
As 'n trotse deel van die VS Agri-groep van maatskappye, het NutriBio 'n passie vir landbou en 'n rykdom aan kennis en ervaring wat hulle in staat stel om 'n betroubare deel van jou bedryf te wees. Die kern van ons is die begeerte om enige plaas se welvaart te verbeter. Ons besigheid is gebou rondom vier sleutelpilare:
Eerlike kliënteverhoudings
handshake.jpg

Ons glo in die belangrikheid van langtermyn kliënteverhoudings, gebou op vertroue en respek.

Kennis
WhatsApp%20Image%202020-05-05%20at%2011.

Die gekombineerde kennis en ervaring van ons landboukundiges en tegniese span verseker dat jy toegang het tot oplossings van hoë gehalte en goed geprys, om goeie opbrengste te verhoog en vol te hou.

Kwaliteit produkte en dienste
IMG-20200406-WA0005.jpg

Ons wye verskeidenheid kwaliteit produkte kan holisties voldoen aan die behoeftes op jou plaas – van plant- en dierevoeding tot plantbeskerming, grondkorreksie, waterbehandeling en die brandstof en onderdele wat nodig is om jou masjinerie aan die gang te hou. Ons produkte en dienste word almal gerugsteun deur uitstekende logistiek.

Buigsaamheid
Seedlings

Ons kan produkte formuleer en pasmaak volgens jou plaas se unieke behoeftes en spesifikasies.

Meer Oor

NutriBio

As 'n trotse deel van die VS Agri-Groep maatskappye, het NutriBio 'n passie vir landbou en 'n rykdom aan kennis en ervaring wat hulle in staat stel om 'n betroubare deel van jou besigheid te wees.

 

Voorheen bekend as Avison, is NutriBio sedert 2007 'n vervaardiger van kwaliteit organiese en semi-organiese (geïntegreerde) en wateroplosbare bemestingstowwe. 'n Kombinasie van organiese en anorganiese kunsmis word geïntegreerde kunsmis genoem. Ons volg ook 'n geïntegreerde plantvoedingsbestuurstelsel, wat 'n holistiese benadering tot plantvoeding is deur die voedingstowwe van beide anorganiese en organiese bronne te verkry. Om sodoende grondvrugbaarheid te handhaaf en in stand te hou en gewasproduktiwiteit te verbeter binne die raamwerk van 'n ekologies versoenbare, sosiaal aanvaarbare en ekonomies lewensvatbare omgewing.

​

As dit alleen gebruik word, kan chemiese en organiese bemestingstowwe lei tot lae kunsmisgebruiksdoeltreffendheid, maar die kombinasie daarvan verhoog dit weer en verbeter ook grondeienskappe. NutriBio se organiese produkte is deur ECOCERT gesertifiseer vir gebruik in organiese boerderye.

 

Semi-organiese kunsmis met bygevoegde Ammoniumsulfaat, MAP, Kaliumchloried of Kaliumsulfaat, Gips, Kelp, Humus en Fulviensuur, mikrobes en bygevoegde mikrovoedingstowwe, word ook op aanvraag vervaardig.

​

Ons bied organiese mengsels, waar alle grondstowwe organies gesertifiseer is deur ECOCERT. Hierdie mengsels kan aangepas word volgens stikstof-, fosfaat-, kalium-, magnesium-, swael- en kalsiuminhoud. Hierdie mengsels kan ook gepelletiseer word of nie.

Voordele van NutriBio

  • Hoër, volhoubare, kostedoeltreffende opbrengste

  • Geoptimaliseerde opbrengste deur verbeterde grondvrugbaarheid

  • Geoptimaliseerde opbrengste om maksimum wins te verseker

  • Langtermyn koolstofadministrasie

  • Langtermyn opbou van mikro-voedingstowwe

  • Verhoogde beskikbaarheid van voedingstowwe

  • Voedingryke grond met goeie fisiese en mikrobiologiese eienskappe

  • Hoër katioonuitruilkapasiteit (KUK)

  • Verbeterde C:N grondverhouding

  • Hoë-analise kunsmisstowwe het 'n lae inhoud van mikrovoedingstowwe, maar gekombineerde gebruik met organiese mis maak hierdie voedingstowwe (Ca, Mg, S, Zn, Fe, Cu, Mn, B en baie belangrike C) beskikbaar vir plante

  • Oormaat P- en K-opbou (wat die beskikbaarheid van ander voedingstowwe kan beperk) kan verminder word

7042444_41021.jpg
bottom of page